DIE LAND

Die Land, gesing deur Steve Hofmeyr, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Jay, en Ruhan du Toit van die groep Touch of Class, bring ’n boodskap van hoop. Hierdie lied stel ’n paar vrae rondom ons nageslag en wat ons vir hulle gaan nalaat. Al het ons nie die antwoorde op hierdie vrae nie, weet ons verseker dat niemand ons sal kan ontneem van wat God vir ons gegee het nie - en dáárin sal ons bly belê. Dit gee geboorte aan ’n plegbelofte om ons vlag te bly waai en saad te bly saai in ons land - want die land behoort aan ons almal en dít is wat ons vir ons nageslag sal agterlaat.


DIE PLEGBELOFTE

Deur om hierdie initiatief te ondersteun onderneem ek om my vlag te waai en te bly saai in ons mooi land, Suid-Afrika. Dit gaan nie oor die situasie waarin ons is nie, maar oor dít waarin ons glo en ’n boodskap van hoop. Die embleem dien vir my as ’n herinnering dat: soos die vlag bly wapper, die liefde vir my land ook sal bly staan. Dat, al verloor ek alles, niemand van my kan wegneem wat God vir my gegee het nie en dit is wat ek vir my en jou nageslag wil nalaat. Ek sal hierdie embleem vertoon as simbool van my openlike plegbelofte sodat almal kan sien - die land behoort aan ons almal.

DRA JOU PLEGBELOFTE SÓ


VERLEEN 'N HELPENDE HAND

Hierdie ondertekende houtskoolskets van die kunstenaars wat Die Land sing, kan joune wees en só help jy ook ons nageslag met ’n bord kos. Jy kan jou bod plaas en die skets sal aan die hoogste bod toegestaan word. Die opbrengs hiervan sal aan Helpende Hand geskenk word om hulle #StopHonger projek te ondersteun.